Federale republiek

'n Federale republiek of Bondsrepubliek is 'n staatsvorm van 'n land wat sowel 'n republiek as 'n federasie is. Gevolglik is 'n Federale republiek 'n vereniging van deelstate onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake e.d. behartig, waarby die deelstate hul interne soewereiniteit behou. Die deelstate kan nie sommerso uit 'n federale republiek uittree nie. Dit onderskei die bondsrepubliek van 'n statebond (konfederasie).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy